Skip to content

DA wys op veiligheidsrisiko’s en onderhoudsagterstand met Johannesburg-brûe

# Die DA waarsku 78-persent van Johannesburg se snelwegbrûe is in ’n swak of baie swak toestand en het ’n groot onderhoudsagterstand. Die party is bekommerd oor die veiligheid van brûe, insluitend die Hercules-brug, wat die enigste uitgang uit ‘n woonkompleks is. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, sê swak instandhouding en twyfelagtige transaksies dra by tot Johannesburg se infrastruktuurprobleme.