# Rugby: Die Stormers kan staatmaak op die ervaring van die veelsydige Springbok-voorspeler Deon Fourie om die lynstaneprobleme in die Verenigde Rugbykampioenskap uit te stryk. Die Kaapse span het Connacht in Ierland geklop maar daarna teen Edinburgh in Skotland verloor. Die veertigjarige Fourie is terug na sy internasionale verpligtinge, betyds vir Saterdag se wedstryd teen die Haaie. Sy mede-Springbokke, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Damian Willemse, Wilco Louw, Paul de Villiers en Cobus Reinach is ook terug. Fourie sê dit is nie regverdig om die haker alleen te blameer wanneer lynstane verkeerd loop nie.
Rugby: Fourie kan help om Stormers se lynstaanprobleme op te los