# Oekraïne is onder toenemende druk om geld te vind om sy oorlog voort te sit namate Russiese aanvalle sleutelbedrywe lamlê. Oekraïne het die eerste nege maande van vanjaar bykans 740-miljard-rand aan verdediging bestee, maar net meer as 700-miljard-rand se belastinginkomste ingevorder. Die regering benodig befondsing van 935-miljard-rand, wat sowat 450-miljard-rand vir militêre uitgawes insluit. Russiese aanvalle het ook fabrieke, hawens en spoorweë getref, terwyl graanuitvoere skerp afgeneem het. Oekraïne is op soek na bykomende buitelandse befondsing en wil gevriesde Russiese bates aanwend om die tekort te help oorbrug.
Koste van oorlog in Oekraïne styg skerp namate Russiese aanvalle ekonomie knou