Skip to content

Brasilië se presidentsverkiesing stuur af op herstemming 

# Brasilië se presidentsverkiesing stuur af op ʼn herstemming nadat die regse Flávio Bolsonaro, ʼn bondgenoot van president Donald Trump van Amerika, die eerste rondte gewen het. Die 45-jarige Bolsonaro het 47,24-persent van die stemme gekry en die sittende linkse president, Lula da Silva, 44,91-persent. Nie een kon meer as 50-persent en dus ʼn volstrekte meerderheid behaal nie. Kwessies soos soewereiniteit, misdaad, die ekonomie en korrupsie is vir kiesers belangrik. Lula, wat streef na ʼn vierde termyn, het aan kiesers gesê die keuse lê tussen demokrasie en “barbaarsheid”. Die herstemming tussen die twee kandidate is op 25 Oktober.