# ‘n Nuwe politieke beweging, die Born to Win-party, sal in die Polokwane-munisipaliteit deelneem aan November se plaaslike verkiesing. Die party se president en voormalige ANC Parlementslid, Boy Mamabolo, sê die beweging sal sy aandag op korrupsie en dienslewering vestig, veral in Limpopo. Mamabolo sê die helfte van die mense wat deur die party gewerf word, is van landelike gebiede en sal opleiding ontvang om as raadslede te dien. Die party sê hy wil gemeenskappe betrek by sy beleidsvorming en sal fokus op munisipale uitdagings soos watertekorte, slaggate en aanspreeklikheid van plaaslike owerhede.
Nuwe politieke beweging “Born to Win” teiken Polokwane in plaaslike verkiesing