Skip to content

Afrika-unie stuur Afrika-kredietgraderingsagentskap van stapel [KLANK]

# Die Afrika-unie is ​​gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die uitvoerende hoof en ambassadeur van die Afrika-meganisme vir Portuur-evaluering, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-rand, met minder as vyf-persent van die finansiële instrumente wat tans gegradeer is. Sy het aan die SABC gesê verbeterde graderings kan beleggersvertroue en toegang tot kapitaal versterk:

ENG-QuatreOnCreditAgency