Skip to content

ANC-Vroueliga hou nasionale gebeds- en gedenkdiens oor geslagsgeweld

# Die ANC-Vroueliga, geloofsorganisasies, politieke partye en ander belanghebbendes hou vandag ‘n Nasionale gebeds- en gedenkdiens in Ekurhuleni vir vroue wat weens geslagsgeweld en vrouemoord gesterf het. Die liga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê die byeenkoms volg ná oproepe vir ‘n gesamentlike nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Sy sê die diens bring hulde aan slagoffers en toon solidariteit tussen politieke, geloofs- en gemeenskapsgroepe in die stryd teen hierdie krisis.