Skip to content

Organisasie veroordeel moord op tweelingbroers in Mamelodi [KLANK]

# Die organisasie vir maatskaplike geregtigheid en menseregte, Not In My Name International, veroordeel die moord op tiener-tweelingbroers in Mamelodi in Tshwane. Die seuns se liggame is Vrydag deur hul ma ontdek toe sy van die werk af teruggekeer het. Die organisasie se president, Themba Masango, sê hulle staan die gesin by en vra die polisie om die verantwoordelikes vinnig in hegtenis te neem. Masango vra ook enigeen met inligting om die polisie te help en waarsku mense om nie ontstellende foto’s of onbevestigde bewerings te versprei nie:

ENG-MasangoOnTwins