# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê hy sal toesig verskerp ná aanbevelings van die Ouditeur-generaal. Die aanbevelings sluit in, noukeurige toesig oor departementele bestuur, bestuurstrukture, aanstellings, die befondsing van vaardigheidsontwikkeling en leerderuitkomste. Manamela sê regstellende stappe moet gedoen word sodra tekortkominge geïdentifiseer word. Hy het ook gevra vir indringende ondersoeke na die Konstruksie-onderwys- en Opleidingsowerheid, die Noord-Kaapse Stedelike kollege vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding en universiteite se regskoste. Die minister sê aanspreeklikheid moet op alle bestuursvlakke geld.
Hoër Onderwys beloof streng toesig ná Ouditeur-generaal se aanbevelings