# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se regsverteenwoordiger, advokaat Amanda Nel, is bekommerd oor sy aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Nel het in die Randburgse Landdroshof gesê daar bestaan kommer oor Sibiya se veiligheid en behoorlike raadpleging met sy regspan. Die ondersoekbeampte, speurder Nokukhanya Ndlovu, het die bewerings betwis en gesê Sibiya word om veiligheidsredes apart aangehou en die omstandighede van sy aanhouding is gepas. Sibiya se borgtogaansoek is tot Woensdag uitgestel:
Sibiya se verdediging bekommerd oor sy aanhouding [KLANK]
ENG-NelOnSibiyaJail