Skip to content

Vryheidsfront Plus verwelkom arrestasie na beweerde korrupsie in Knysna

# Die Vryheidsfront Plus sê die arrestasie van drie voormalige Knysna munisipale amptenare weens beweerde korrupsie wat met ‘n sekuriteitskontrak verband hou, is ‘n stap in die rigting van groter aanspreeklikheid. Die voormalige burgemeester Thando Matika, die waarnemende munisipale bestuurder Boy Ngubo en die waarnemende hoof- finansiële beampte Busisiwe Lubelwana is in hegtenis geneem. Danie Acker van die party sê munisipale bestuurders behoort op grond van hul kwalifikasies, ervaring en integriteit aangestel te word om verantwoordbare bestuur te bevorder en dienslewering te verbeter.