# Amanda Nel, die verdedigingsadvokaat vir die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het aangevoer mnr. M het moontlik ‘n motief om vals bewerings teen Sibiya te maak. Nel het aan die Randburgse landdroshof gesê Sibiya het mnr. M finansieel bygestaan, maar daarmee opgehou ná ‘n beweerde breuk tussen hulle. Sy het aangevoer dit het moontlik ‘n wrok laat ontstaan. Die ondersoekbeampte, speurder Nokukhanya Ndlovu, het dit betwis en gesê mnr. M het bande met Sibiya verbreek weens sy beweerde optrede:
Verdediging voer aan mnr M het valse bewerings teen Sibiya gemaak [KLANK]
ENG-Nel-NdlovuOnMrM