Skip to content

Giftige stowwe aangetref in byna alle katkos wat getoets is

# Byna alle katkos wat in ‘n nuwe ondersoek getoets is, het giftige stowwe bevat, insluitend chemikalieë wat in plastiek voorkom, die onkruiddoder glifosaat en swaarmetale soos lood, kwik en arseen. Die ondersoek, deur die Clean Label Project, het bevind katte kan deur hul leeftyd blootgestel word aan hiedie stowwe want hulle eet dikwels elke dag dieselfde kos. Navorsers waarsku dit kan mettertyd in katte se liggame opbou. Dit is kommerwekkend omdat swaarmetale hul niere kan beskadig met chroniese nierversaking as een van die algemeenste ernstige siektes onder ouer katte.