# Die DA sê die Noord-Kaapse regering moet omgewing- en infrastruktuurprobleme hanteer wat vroue in gevaar stel. Die party noem onlangse gevalle soos die ontdekking van ʼn vrou se liggaam in ʼn vlak graf in Lerato-park, Kimberley, en die bendeverkragting van ʼn 62-jarige pensioenaris in Pampierstad. Lisa Schickerling van die DA sê tussen April en Junie vanjaar is 284 verkragtings in die provinsie aangemeld. Sy sê agter elke statistiek is ʼn slagoffer, ʼn familie en ʼn gemeenskap wat met die gevolge saamleef:
DA spreek kommer uit oor geslagsgeweld in Noord-Kaap [KLANK]
AFR SchickerlingONRisingGBV