# Rugby: Die Haaie het met die terugkeer van Springbok-spelers ʼn hupstoot gekry vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die heersende kampioene, Leinster, in Durban. Andre Esterhuizen voer die span aan, en Thomas du Toit en Edwill van der Merwe keer terug na die beginspan. Ox Nche, Eben Etzebeth en Ethan Hooker is op die bank. Die Leeus spog met die terugkeer van die Springbokke, Morné van den Berg en Quan Horn, terwyl Ethan Adams die buitesenter, Henco van Wyk, vervang. Die Leeus en Ospreys takel mekaar môre op Ellispark.
Rugby: Haaie en Leeus versterk met terugkerende Bokke vir VRK-kragmetings teen Leinster en Ospreys