# CapeNature sê die Wes-Kaap se plante, diere en ekosisteme is onder toenemende druk weens brande, indringerspesies en die verlies aan natuurlike omgewing. Die organisasie se verslag vir 2026 toon 107 brande het die afgelope jaar meer as 215-duisend hektaar in die provinsie vernietig, bykans drie keer meer as die vorige jaar. Die verslag dui ook aan dat 212 van die 346 ekosisteme tans bedreig word, met varswatergebiede wat veral in gevaar is. Meer as 44-duisend hektaar is egter by beskermde gebiede gevoeg, insluitend 25 nuwe natuurreservate.
CapeNature waarsku vordering met bewaring moet tred hou met toenemende bedreigings