Skip to content

Transmissiemaatskappy stig marktoesigeenheid

# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika gaan ‘n afsonderlike marktoesigeenheid stig om te waak teen monopolistiese praktyke in Suid-Afrika se Groothandel Elektrisiteitsmark. Die hoofbestuurder van Energiemarkdienste, Andrew Etzinger, sê die eenheid is ‘n vereiste voor die nuwe elektrisiteitsmark in April 2027 in werking tree. Hy sê die Mededingingskommissie sal ook toegang tot markinligting hê om enige onbillike praktyke of misbruik op te spoor. Etzinger sê stelsels, kuberveiligheid en ander voorbereidings vir die bekendstelling vorder goed.