# Sokker: Manchester City se hoofborg, Etihad-lugredery, oorweeg regstappe teen die Engelse Premierliga. City is skuldig bevind aan al die aanklagte in verband met die verbreking van die liga se finansiële reëls tussen die 2009-2010 en 2017-2018 seisoene. ‘n Onafhanklike kommissie het bevind die klub het vals kontrakte met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van ‘n versteekte befondsingstelsel om die klub se inkomste kunsmatig op te stoot. Die Abu Dhabi-staatslugredery, Etihad-lugredery, sê hy verwerp aantygings dat daar ooit onbehoorlike kommersiële ooreenkomste was.
Sokker: Manchester City se hoofborg oorweeg regstappe teen Premierliga