# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het veiligheidsdienste opdrag gegee om voor te berei vir moontlike bedreigings. Dit volg nadat ‘n Flydubai-vlug op pad na Israel gister na Saoedi-Arabië herlei is nadat die een vlieënier die ander aangeval het en blykbaar probeer het om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanning het die aanvaller oorrompel en hy is gearresteer. Die meeste van die gestrande passasiers het gisteraand met ‘n ander Flydubai-vlug in Tel Aviv geland. Die Israelse minister van Verdediging, Israel Katz, sê die voorval was ‘n “poging tot ‘n jihadistiese terreuraanval”.
Netanyahu verskerp veiligheidsdienste vir verdere bedreigings ná die Flydubai-voorval