# ‘n Haai van 3,5-meter wat in ‘n kanaal in die Suid-Koreaanse hawestad Busan vasgekeer is, het binne twee weke sowat 600-duisend besoekers gelok. Die koperhaai met die bynaam Bukangi is op 18 September die eerste keer in die Noordhawe opgemerk. Owerhede het gister probeer om hom terug see toe te lei met vyf vaartuie wat waterstrale agter hom spuit, maar hy het herhaaldelik weggeswem. ‘n Reddingspoging word later die week beplan met ‘n spesiaal-vervaardigde net. Busan het Bukangi selfs as ‘n ere-ambassadeur van die stad aangewys.
Gestrande haai word toeristetrekpleister in Suid-Korea