# Action Society sê vroue het nie nodig dat president Cyril Ramaphosa weer die regering se tekortkominge in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord uitlig nie, maar hy moet hy eerder verduidelik waarom sy regering toegelaat het dat dit voortduur. Ramaphosa het ‘n reeks maatreëls aangekondig, soos ‘n oudit van onopgeloste sake en planne om alkoholverwante geweld te bestry. Action Society sê ‘n hersiening lei nie tot ‘n inhegtenisneming nie, ‘n herstelplan verseker nie vervolging nie en ‘n forensiese plan verwerk nie ‘n enkele monster nie.
Action Society sê plan teen geslagsgeweld beteken meer ondersoeke, maar geen tasbare vordering nie