Skip to content

Die EFF sê die regering het versuim om geslagsgeweld doeltreffend te bestry

# Die EFF sê president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord is nog ʼn vertraagde ingryping van ʼn regering wat reeds jare lank bewus is van die omvang van die probleem. Hy het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit om die probleem te hanteer. Die EFF sê Ramaphosa se reaksie is weereens gemik op die vestiging van nuwe meganismes, nog oudits en die hersiening van onopgeloste sake. Hy sê dit kort volgehoue instelling, voldoende hulpbronne en politieke aanspreeklikheid.