# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velinkosini Hlabisa, verwelkom die Kabinet se goedkeuring van die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering en sê dis belangrik om die land se plaaslikeregeringstelsel te hervorm. Die hervormings is daarop gemik om ʼn stelsel te bou wat doeltreffend, finansieel volhoubaar en aanspreeklik is, en op gemeenskappe se behoeftes reageer. Hlabisa sê sy departement sal nou ʼn gestruktureerde oorgangsplan vir plaaslike regering ontwikkel as riglyn vir die instelling van die hervormings. Hy sê elke gemeenskap moet die verskil ervaar wat ʼn funksionele plaaslike regering maak.
Minister Hlabisa sit volgende stappe uiteen nadat Kabinet Witskrif oor Plaaslike Regering goedkeur