Skip to content

Krieket: Protea-afrigter glo Brevis is beter toegerus vir die witbalspel

# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die briljante jong kolwer Dewald Brevis is beter toegerus vir die beperkte boulbeurt-formaat. Dis die rede waarom hy nie ingesluit is in die voorlopige groep vir volgende maand se drie toetse teen Australië nie, en ook nie dié somer enige toetse gaan speel nie. Conrad vergelyk die 23-jarige met die gewese Spaanse tennis-ster Rafael Nadal, wat baie net as ‘n kleibaan-spesialis beskou, en sê Brevis is eerder ‘n witbal-spesialis. Hy glo egter hy sal goed vaar in toetse in Suidoos- Asiatiese omstandighede.