Skip to content

Gautengse LUR bepleit inklusiewe onderwys tydens konferensie vir siggestremdes

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, het die tweede Afrika-konferensie van die Internasionale Raad vir die Onderwys van Mense met Visuele Gestremdhede amptelik by Emperors Palace in Johannesburg geopen. Die konferensie, wat saam met die Prinshofskool vir siggestremdes aangebied word, fokus op inklusiewe onderwys, innovering, samewerking en toeganklikheid vir leerders met siggestremdhede. Maile het meer as 200 afgevaardigdes van 35 lande toegespreek en sê Gauteng bly daartoe verbind om gehalte- en inklusiewe onderwys aan leerders regoor die provinsie te bied.