# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê ‘n nasionale dag van rou behoort oorweeg te word weens die onlangse reeks massamoorde. Agt-en-twintig mense het die afgelope naweek gesterf in skietvoorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap. Die raad se hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, sê Suid-Afrikaners het ongevoelig geraak teenoor geweld en die waarde van menselewens het afgeneem. Hy sê die land ervaar die algehele erosie van sy morele waardes.
Raad van Kerke vra dag van rou na onlangse massamoorde