# Die polisie het verlede week 14-duisend-274 verdagtes in hegtenis geneem vir ernstige en ander misdade tydens landwye verskerpte Shanela-operasies. Nog een-duisend-854 gesoekte verdagtes is in hegtenis geneem. Altesaam 369 ongelisensieerde drankverkoopspunte is gesluit, met 216 daarvan in KwaZulu-Natal. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê 148 onwettige vuurwapens en een-duisend-706 rondtes ammunisie is tydens die operasies gekonfiskeer. Sy sê hierdie beslagleggings is veral betekenisvol gegewe die verband tussen drankverkoopspunte, onwettige vuurwapens en geweldsmisdaad:
Meer as 14 000 verdagtes gearresteer, 369 ongelisensieerde drankverkoopspunte gesluit as deel van Operasie Shanela [KLANK]
ENG WykONEstablishments