# Die voormalige minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly Shoke, te beïnvloed. Mapisa-Nqakula het deur middel van ‘n tolk aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê dat sy geen mag gehad het om die aanstelling te doen nie, aangesien die finale besluit by die president berus het:
Mapisa-Nqakula ontken bewering van R2-miljoen-omkopery oor bevordering van kontrakteur se man [KLANK]
ENG NosiviweOnBribeAllegation