# Krieket: Môre se laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Potchefstroom is ‘n blote formaliteit nadat die Proteas die eerste twee wedstryde gewen en daarmee hul sesde agtereenvolgende eendagreeks teen hul aartsvyand beklink het. Die gashere het die besoekers in Durban met 67 lopies geklop voor ‘n oorwinning van 32 lopies op die Wanderers. Die eendagwedstryde word deur drie toetse gevolg word; Australië se eerste in Suid-Afrika sedert die berugte skuurpapier-skandaal in Kaapstad in 2018. Die eerste toets begin volgende Vrydag in Durban.
Krieket: Slegs eer op die spel vir Australië in laaste eendagwedstryd teen Proteas