# Microsoft se mede-stigter, Bill Gates, sê dit kan moeiliker wees om lande te laat ooreenkom oor wêreldwye reëls vir kunsmatige intelligensie as wat dit tydens die Koue Oorlog was om oor kernwapens te onderhandel. Hy sê kerntegnologie word hoofsaaklik deur regerings beheer, maar kunsmatige intelligensie word deur privaat maatskappye én regerings ontwikkel. Gates sê regerings benodig veiligheidsmaatreëls en toesig oor K-I-stelsels en kan nie vertrou dat maatskappye hulself sal reguleer nie. Hy sê Amerika en China moet saamwerk ondanks hul wedywering op die gebied van K-I-tegnologie.
Gates sê wêreldwye KI-reëls is moeiliker as kernwapenonderhandelinge