Skip to content

Ramaphosa waarsku teen diegene wat daarop uit is om nasionale eenheid te ondermyn 

# President Cyril Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om waaksaam te bly teenoor diegene wat nasionale eenheid wil ondermyn en burgers teen mekaar wil ophits. Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief terwyl werkloosheid hoog is en ’n behoefte bestaan om beleggings te lok, is dit onverantwoordelik en onpatrioties om na die buiteland te reis om die valsheid van wit volksmoord in jou eie land te versprei. AfriForum en Solidariteit is daarvan beskuldig dat hulle die verhaal van wit volksmoord in die buiteland bevorder. Ramaphosa sê vryheid van spraak gaan gepaard met verantwoordelikheid.