# ActionSA veroordeel die massaskietery gisteroggend in die vroeë oggendure in Lwandle, naby die Strand by Kaapstad. Tien mense is doodgeskiet en elf gewond toe gewapende mans op ʼn kuierplek losgebrand het. Vier mense is ook in ʼn afsonderlike skietvoorval in Khayelitsha dood. Wes-Kaapse polisie het ʼn multidissiplinêre taakspan, gelei deur verskeie speurders wat ernstige geweldsmisdaad ondersoek, saamgestel om die aanval in Lwandle te ondersoek. ActionSA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Dereleen James, sê hulle eis ʼn dringende en deeglike ondersoek na hierdie skietvoorvalle:
ActionSA sê hele regering moet betrek word by Kaapstad se misdaadkrisis [KLANK]
AFR JamesONCrimeCrisis