Skip to content

Krieket: Bavuma en Miller skitter en Proteas beklink eendagreeks teen Australië

# Krieket: Die Proteas het Australië met 32 lopies verslaan in die tweede eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg om die reeks te beklink met een wedstryd oor. Kaptein Temba Bavuma en David Miller het onderskeidelik 103 en 142 behaal en 156 bygevoeg om die vierde paaltjie, wat Suid-Afrika se telling tot 365 vir nege geneem het. Travis Head en Mitchell Marsh se aanvangsvennootskap van 130 lopies was daarna nie genoeg nie en Australië is vir 333 uitgeboul. Die reeks eindig Woensdag in Potchefstroom, waarna drie toetse volg.