# President Donald Trump beskryf gister se inhegtenisneming van vyf mans naby RAF Fairford in Gloucestershire, Engeland, as “fantasties” en sê Amerika en Brittanje ondersoek die mans al ʼn geruime tyd. Hulle is aangekeer weens vermeende oortredings in verband met plofstof en terrorisme, nadat die bom-eenheid na ʼn ernstige voorval naby die militêre lugmagbasis uitgeroep is. Trump sê die mans “wou groot skade aanrig” by die fasiliteit, wat Amerika gebruik om verdedigingsoperasies teen Iran uit te voer.
Trump sê die vyf mans wat naby RAF Fairford vasgetrek is, wou “groot skade aanrig”