Skip to content

Lesufi veroordeel skietery by ‘n taverne in Carletonville waarin 17 mense dood is [KLANK]

# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die skietery by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, veroordeel. Die voorval het Saterdagaand die lewens van 17 mense geëis terwyl 15 gewond is. Volgens voorlopige berigte het agt gewapende mans op kliënte binne en buite die perseel losgebrand. Vyf mense is buite doodgeskiet en 12 binne. Volgens Lesufi het die verdagtes, wat na bewering met AK-47-gewere en pistole gewapen was, selfone gesteel voordat hulle in twee voertuie gevlug het. Die voertuie is later aan die brand gesteek:

ENG LesufiONTavernShooting