Skip to content

KZN-premier vra ondersteuning vir gesinne wat deur Mtubatuba-botsing geraak is [KLANK]

# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, vra vir voortgesette steun vir gesinne wat geraak is deur ‘n dodelike botsing naby Mtubatuba waarin 11 mense gister dood is. Die regeringswoordvoerder, Bongani Gina, sê ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor het reg van voor gebots in die Nkodibe-gebied. Hy sê die taxi het aanhangers van Maskandi-musiek vervoer wat van ‘n fees in Melmoth teruggekeer het. Die voertuig het aan die brand geslaan. Hy sê nege slagoffers is onherkenbaar verbrand, terwyl nege ander ernstige beserings opgedoen het.

ENG GinaONDeadlyCrash