# Pous Leo die 14de het die entoesiasme, energie en toewyding geprys wat jongmense na die Katolieke Kerk bring, terwyl groot skares ‘n buitelugmis in Parys bygewoon het. Na raming het 700-duisend mense saamgetrek vir die mis wat deur die Pous by ‘n spesiale altaar op die Place de la Concorde gelei is . Dit was op die tweede dag van sy vierdaagse besoek aan Frankryk. Die geleentheid het begin nadat die Pous met sy oop “pousmobiel” langs die Champs-Élysées gery en vir die skares gewuif het.
Pous prys jongmense se energie en toewyding tydens ‘n reuse-buitelugmis in Parys