# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê die party beplan om onwettige immigrasie uit te wis en kwessies rondom eiendomsbesit landwyd aan te spreek. McKenzie het tydens die bekendstelling van die PA se plaaslikeregeringsverkiesingsmanifes in Bloemfontein gesê munisipaliteite moet die toepassing van verordeninge versterk en plaaslike sakeondernemings reguleer. Hy sê die party wil ook die oordrag van titelaktes aan inwoners wat kwalifiseer vir munisipale behuising bespoedig, aangesien huiseienaarskap die sleutel tot die opbou van gesinswelvaart is:
Patriotic Alliance teiken onwettige immigrasie en eiendomsbesit [KLANK]
ENG McKenzieONOwnership