Skip to content

Verdagte vasgetrek wat deur DNS aan verkragtingsgevalle in Gauteng en Noordwes verbind word [KLANK]

# Polisie het ʼn 38-jarige man gearresteer wat moontlik verbind kan word met talle verkragtingsgevalle sedert 2012 in Gauteng en Noordwes. Joseph “Papi” Mokgwetsi is Woensdag in Vryburg in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder, Majang Skalkie, sê DNS-bewyse verbind hom positief met drie verkragtingsgevalle in Kanana, Huhudi en Vaalpart tussen 2012 en 2022. Sy sê die beskuldigde word ook verbind met ʼn verkragting in 2016 in Meadowlands, Soweto. Hy het gister in die Atamelang-landdroshof verskyn:

ENG SkalkieONRapeCases