# Motorsport: George Russell het die voorste wegspringplek vir môre se Azerbeidjanse Grand Prix in Baku verower. Die Mercedes-renjaer was amper nege-tiendes van ‘n sekonde vinniger as Ferrari se Charles Leclerc, wat langs hom in die voorste ry gaan wegspring. Die kampioenskapsvoorloper, Kimi Antonelli, het tydens die eerste kwalifiseringsronde gebots en spring 16de weg. Oscar Piastri het derde gekwalifiseer, voor Red Bull se Isack Hadjar, terwyl Lando Norris en Lewis Hamilton onderskeidelik vyfde en sesde was. Max Verstappen sal agtste wegspring. Die wedren vind môre plaas vanweë Azerbeidjan se Herdenkingsdag Sondag.
Motorsport: Russell spring voor weg in Azerbeidjan Grand Prix