# Die voorsitter van Artists United, Eugene Mthethwa, sê hulle is vol vertroue die moordenaars van Owen Ndlovu sal in hegtenis geneem word. Ndlovu, ‘n voormalige omroeper en aktivis vir musiekregte, se liggaam is met skietwonde in Thokoza gevind. Hy is na bewering in Katlehong, Gauteng, ontvoer nadat hy sy vrou by ‘n kerkdiens gaan haal het. Tydens die begrafnisdiens in Lenasia, suid van Johannesburg, het Mthethwa ‘n beroep op kunstenaars gedoen om saam te staan teen uitbuiting. Hy het hulde gebring aan Ndlovu se dapperheid in die stryd vir kunstenaarsregte en onderneem om die saak op te volg.
Artists United vol vertroue Ndlovu se moordenaars sal gearresteer word