Skip to content

Siphamandla Mthethwa neem op 1 November oor as ACSA se uitvoerende hoof

# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het Siphamandla Mthethwa van begin November aangestel as sy nuwe uitvoerende hoof. Hy keer terug nadat hy tydens die Covid-19-pandemie as finansiële hoof gedien het. Mthethwa is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en beskik oor ervaring in korporatiewe finansies, tesourie- en risikobestuur. Die maatskappy se raad sê in ‘n verklaring Mthethwa keer terug terwyl ACSA ‘n nuwe groeifase betree, wat groot beleggingsplanne vir lughawens insluit. Mthethwa neem die leisels oor by die waarnemende uitvoerende hoof, Charles Shilowa.