Skip to content

Vereniging vra optrede te midde van dreigende gaskrisis

# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Nywerheidsgasverbruikers vra vir die ontwikkeling van alternatiewe vloeibare aardgas-infrastruktuur met die land wat reeds ‘n gastekort beleef. Die vereniging se uitvoerende hoof, Jaco Human, waarsku nywerheidsverbruikers kan later in die dekade minder voorraad uit Mosambiek ontvang. Meer as 300 nywerheidsgasverbruikers in Gauteng en Mpumalanga kan tekorte ondervind, namate Sasol sy derde-party gasvoorrade uitfaseer. Hy bepleit dringende koördinering tussen die regering en die sakesektor, vinniger infrastruktuurontwikkeling en regulatoriese hervorming om toekomstige gasvoorsiening te verseker.