# Rugby: Die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen begin vanaand in Ierland wanneer die Stormers Connacht in Galway besoek. Die wedstryd begin 8.45. Die ander drie Suid-Afrikaanse spanne is môre in aksie. Die Leeus verwelkom die verdedigende kampioen en Ierse bobaas-span, Leinster, 2.30 op Ellispark in Johannesburg, en die Haaie speel vier-uur tuis teen die Walliese span Ospreys op Kingspark in Durban. Die Bulle begin hul veldtog 6.30 die aand teen Zebre in Parma, Italië.
Rugby: Stormers en Connacht skop nuwe VRK-seisoen af in Galway