# ‘n Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se regering opdrag gegee om CNN, MS NOW en Politico se toegang tot die Withuis onmiddellik te herstel. Dit volg nadat die nuusagentskappe van die perseel verban is, nadat Trump hulle daarvan beskuldig het dat hulle fiksie of leuens skryf of berig. Die drie agentskappe het die regering gedagvaar en sê die verbod het die Amerikaanse grondwet se beskerming vir vryheid van spraak en ‘n vrye pers geskend. Regter Timothy Kelly het bevind die herroeping van die joernaliste se akreditasie is nie volgens ‘n voldoende grondwetlike proses gedoen nie.
Regter beveel Trump-regering om CNN, MSNBC en Politico se toegang tot Withuis te herstel