Skip to content

Motorsport: Hamilton steun wedrenne in die Golf ten spyte van die Iran-konflik

# Motorsport: Lewis Hamilton sê hy hoop Formule Een se geskeduleerde wedrenne in Katar en Abu Dhabi sal voortgaan, ten spyte van die voortdurende Iran-konflik. Die sewemalige wêreldkampioen het gister in Baku gesê, hy wil graag in die Midde-Ooste jaag en vertrou dat Formule Een se uitvoerende hoof, Stefano Domenicali, die regte besluit sal neem. Die Grand Prix-wedrenne in Bahrein en Saoedi-Arabië is vroeër vanjaar weens die konflik gekanselleer. Daar is ‘n plan-B om die laaste wedren van die seisoen op Imola in Italië aan te bied. ‘n Finale besluit word teen middel-Oktober verwag.