# Die Nasionale Vrouestruktuur van die Nasionale Mynwerkersunie doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die verklaring van die presidensiële beraad van 2018 oor geslagsgeweld en vrouemoord dringend in werking te stel. Nthabiseng Mashiteng van die vakbond verwelkom die ondersoek na die onlangse moorde op vroue in Ekurhuleni, asook die ondersoek na dreigemente wat na bewering deur die sakeman Lawrence Mudzinganyama teen vroue gerig is. Mashiteng sê die voortdurende moorde op vroue en kinders is uiters kommerwekkend en vereis vinniger optrede om wetgewing oor geslagsgeweld en vrouemoord te versterk.
Mynwerkersunie se vrouestruktuur vra Ramaphosa om geslagsgeweldverklaring dringend in werking te stel