# Die Standard Bank-ekonoom Elna Moolman sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersverhoging van 25 basispunte kan die laaste verhoging in die huidige rentekoerssiklus wees. Volgens Moolman was stygende brandstofpryse ‘n belangrike rede vir die verhoging, aangesien petrolpryse in September weer gestyg het en moontlik in Oktober verder sal styg. Moolman het bygevoeg daar is nog geen bewyse dat die hoër brandstofkoste breër inflasie veroorsaak nie, en verligting in rentekoerse kan dalk volgende jaar volg:
Standard Bank-ekonoom sien moontlike einde aan huidige siklus van rentekoersverhogings [KLANK]
ENG MoolmanOnRepoHike