Skip to content

Afrika teken die sterkste groei aan in wêreldwye lugverkeer

# Airports Council International sê ‘n rekordgetal van 9,8-miljard passasiers het in 2025 wêreldwyd deur lughawens beweeg. Afrika het op ‘n jaargrondslag die sterkste groei van 9-persent aangeteken, gevolg deur die Midde-Ooste met 6,5-persent. Wêreldwye passasiersverkeer het met 6,1-persent toegeneem, aangedryf deur internasionale reise. Lugvrag het ook ‘n rekord van 131,2-miljoen ton bereik, ‘n styging van 3,3-persent. Die wêreldwye groei in passasiersgetalle het egter in die eerste helfte van 2026 tot 0,6-persent verswak, terwyl Afrika steeds groei aangeteken het.