Skip to content

Nog ernstige aanklagte teen eienaar van anti-dwelmsentrum in Limpopo

# ‘n Sakeman van Limpopo word van ernstige oortredings aangekla nadat hy vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn het. Die eienaar van die Limpopo-anti-dwelmsentrum, Tsebe Moloto, is uit op borgtog van 50-duisend-rand in ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging. Die staat het aanklagte van brandstigting, betreding en vyf van poging tot moord bygevoeg. Moloto word daarvan beskuldig dat hy vlambare vloeistof oor sy voormalige meisie se voertuig uitgegooi en dit aan die brand gesteek het met mense binne-in. Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir ‘n vervolgings-beslissing.